South Africa, May 21 -- OFM het gedeel in die viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 2025 met 'n uitskietterdag waartydens luisteraars op 'n speellys van die beste Afrikaanse musiek, onderhoude met taalkenners en kunstenaars, asook 'n kans om te wen getrakteer is.

Die oggend het begin met die ontbytspan wat die geskiedenis van Afrikaans en Afrikaans as amptelike taal gedeel het, en ook die omroeperspan uitgedaag het om net Afrikaans op die dag te praat. Shandor Potgieter en Margaret Whitfield het gesels met onder andere Johrne van Huyssteen, Peach van Pletzen, en Kurt Darren voordat Yolanda Maartens met haar laatoggendprogram 'n paar spesiale gaste in die ateljee verwelkom het.

Die Bloemfonteinse musikus Anton Est...